NewsNews

NWU verwelkom nuwe breinkrag by Opedag

Sien hier die foto's van die NWU-Puk se Opedag wat op 6 Mei plaasgevind het.

Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het op Saterdag 6 Mei hul jaarlikse opedag aangebied, waar voornemende studente van ver gekom het om meer inligting te kry oor al die verskillende rigtings waarin hulle volgende jaar kan kom studeer.

Drikus Buys en Carlo Smith van Over de Voor manskoshuis het besoekers by die hek in gewag. Foto: Marianke Saayman
Drikus Buys en Carlo Smith van Over de Voor manskoshuis het besoekers by die hek in gewag. Foto: Marianke Saayman

Kampusrektor prof. Fika Jansen van Rensburg het die oggend afgeskop deur elke leerder en ouer vriendelik te verwelkom.

Hy het gespog met Potchefstroom se roemryke geskiedenis van die afgelope 148 jaar, die taalbeleid en die feit dat die NWU kampusse, volgens hom, die mooiste en mees kompakte kampusse in Suid-Afrika is.

Inwoners van Huis Republiek dameskoshuis voor die pragtige hoofgebou. Foto: Marianke Saayman
Inwoners van Huis Republiek dameskoshuis voor die pragtige hoofgebou. Foto: Marianke Saayman

Prof. Fika het almal verseker dat studente aan die NWU van die gelukkigste is, en dat hierdie elkeen se huis weg van die huis af word.

“Ons het nie studentelewe uitgevind nie, maar dit net vervolmaak,” het hy in sy verwelkomingstoespraak gesê.

Rita de Kock en Henk Louw van die Puk roei-span "surf" die stroom van mense. Foto’s: Marianke Saayman
Rita de Kock en Henk Louw van die Puk roei-span “surf” die stroom van mense. Foto’s: Marianke Saayman

Voornemende studente kon die verskillende fakulteite, koshuise en vele meer op die dag besoek. Daar was stalletjies vir al die verskillende koshuise en dorpskoshuise, al sewe fakulteite, sowel as die ASV’s, sport- en kultuur-unies – daar was werklik iets vir almal.

Die NWU se Mafikengkampus se opedag vind plaas op 19 Mei.

Marnus Meyer, Gustav Jansen van Rensburg en Reghardt O'neill van Hombré Manskoshuis.  Foto: Marianke Saayman
Marnus Meyer, Gustav Jansen van Rensburg en Reghardt O’neill van Hombré Manskoshuis. Foto: Marianke Saayman
Puk Kunste het ook uitgestal. Foto: Marianke Saayman
Puk Kunste het ook uitgestal. Foto: Marianke Saayman
Puk-Kunste het seker gemaak almal word vermaak met goeie musiek. Foto: Marianke Saayman
Puk-Kunste het seker gemaak almal word vermaak met goeie musiek. Foto: Marianke Saayman
Kwena Paballo, Kagiso Moshoeshoe, Tshepiso Hchang en Malebele Lefoko van Potch Secondary School, wil volgende jaar onderwys kom studeer. Foto: Marianke Saayman
Kwena Paballo, Kagiso Moshoeshoe, Tshepiso Hchang en Malebele Lefoko van Potch Secondary School, wil volgende jaar onderwys kom studeer. Foto: Marianke Saayman
MJ Koekemoer, Dehann van der Merwe en Gabriel Breytenbach van Veritas manskoshuis. Foto: Marianke Saayman
MJ Koekemoer, Dehann van der Merwe en Gabriel Breytenbach van Veritas manskoshuis. Foto: Marianke Saayman
Frikkie Deysel en Francois Meyring van die fakulteit Teologie speel Dawid en Goliat. Foto: Marianke Saayman
Frikkie Deysel en Francois Meyring van die fakulteit Teologie speel Dawid en Goliat. Foto: Marianke Saayman
Wian Kendall (Batman), Elsjé Saayman en Kobus Hendrikz (Superman) by die Forensiese Rekeningkunde stalletjie. Foto: Marianke Saayman
Wian Kendall (Batman), Elsjé Saayman en Kobus Hendrikz (Superman) by die Forensiese Rekeningkunde stalletjie. Foto: Marianke Saayman
Dirk du Toit van Hombré blaas op sy horing. Foto: Marianke Saayman
Dirk du Toit van Hombré blaas op sy horing. Foto: Marianke Saayman
Studente van die Skool vir Musiek het hul talente vertoon. Foto: Marianke Saayman
Studente van die Skool vir Musiek het hul talente vertoon. Foto: Marianke Saayman
Dames van Vergeet-My-Nie dameskoshuis was vrolik in hul geel hoedjies. Foto: Marianke Saayman
Dames van Vergeet-My-Nie dameskoshuis was vrolik in hul geel hoedjies. Foto: Marianke Saayman

 

 

Related Articles

Back to top button