CommunityCommunityNewsPhoto Galleries

Equilibria help met loopbaankeuses

Om deesdae die regte loopbaankeuse te maak, is aansienlik moeiliker as ooit te vore. In die ou dae was daar ‘n paar hoofstroom beroepe waaruit jongmense kon kies.

Om deesdae die regte loopbaankeuse te maak, is aansienlik moeiliker as ooit te vore. In die ou dae was daar ‘n paar hoofstroom beroepe waaruit jongmense kon kies.
Die beroepswêreld bestaan egter vandag uit talle nuwe spesialiteitsrigtings wat weens moderne tegnologie en veranderde omstandighede ontstaan het.
Talle jongmense maak vandag verkeerde loopbaankeuses, hoofsaaklik weens ’n tekort aan behoorlike inligting en self-kennis.
Om die probleem te bowe te kom, bied Equilibria School of Life (www.equilibriaschool.co.za), ’n afrondingskool in Potchefstroom reeds vir sewe jaar ’n suksesvolle afrondings- en loopbaanontwikkelingsprogram aan. Diè opwindende ‘gapjaar’ lei jongmense op in die jaar ná matriek in ’n wye verskeidenheid lewensvaardighede, terwyl hulle terselfdertyd ook begelei word om ’n ingeligte loopbaanbesluit te neem.
Hoë uitvalsyfers
‘n Navorsingstudie wat by 10 verskillende universiteite en technikons in Suid-Afrika uitgevoer is, het bevind dat meer as die helfte van studente wat by tersiêre instellings inskryf, uitval.
Die navorsing dui op die skokkende statistiek dat slegs een derde van studente wat vir driejaar-kwalifikasies inskryf, hulle grade voltooi.
Die studie het bevind dat 24% van studente gedurende die eerste jaar van studie uitval.
Ongeveer 43% van studente val na die derde jaar van studie uit en voltooi nie die graad nie.
Die skuld lê nie noodwendig by swak skoolopleiding nie, maar eerder by aspekte soos emosionele onvolwassenheid, die onvermoë om druk of die nuutgevonde vryheid te kan hanteer en baie belangrik: oorhaastige, oningeligte loopbaankeuses.
Koste van verkeerde besluite
Wanneer die hoë uitvalsyfers op universiteite in ag geneem word, kan ‘n brugjaar voorkom dat geld en tyd verkwis word aan universiteitskostes wanneer studente uitval.
Die gevolge van ’n verkeerde loopbaanbesluit is meer ingrypend as wat jongmense en hul ouers besef. Afgesien van die finansiële skade wat ’n verkeerde studierigting meebring (wat deesdae maklik R45 000 per jaar kan beloop) doen die emosionele skade, gevoel van mislukking en verwardheid wat spruit uit die staak van ‘n kursus, baie skade.
Die opedag vind plaas op 6 Mei om 11:00 by Esselenstraat 34, Die Bult.

 

Related Articles

Back to top button