Twee op N12 in twee dae dood

Twee mense is binne twee dae op die N12 dood.

Twee mense is binne twee dae op die N12 dood.

‘n Man is vanoggend (2 Mei) dood en vyf ander mense is beseer nadat ‘n bakkie ongeveer 15 km buite Potchefstroom gerol het.

Paramedici van ER24 het op die toneel gekom waar hulle die bakkie langs die pad aangetref het. Ses mense het om die voertuig gelê. Met nadere ondersoek het paramedici gevind dat een man aan sy beserings beswyk het. Hy is op die toneel dood verklaar. Die vyf ander mense is met klein tot matige beserings na die Potchefstroom Hospitaal vir verdere behandeling geneem.

Maandag middag (1 Mei) is ‘n vrou op die N12 sowat 5km buite Potchefstroom raak gery.  Met aankoms het paramedici die vrou in die pad gevind. Sy het geen tekens van lewe getoon nie, waarna sy dood op die toneel verklaar is. Die bestuurder van die voertuig het gelukkig geen beserings opgedoen nie.
Plaaslike owerhede was op beide tonele vir verdere ondersoek.

Exit mobile version