NewsNews

Twee kinders dood na N12 ongeluk

Vier mense is dood, insluitend twee kinders, en vier is beseer nadat 'n voertuig gisteraand (10 April) op die N12 naby Stilfontein gerol het.

Vier mense is dood, insluitend twee kinders,  en vier beseer nadat ‘n voertuig gisteraand (10 April) omstreeks 19:00 op die N12 naby Stilfontein gerol het.
Paramedici van  ER24 het met aankoms vier mense, wat glo 10-15 meter van die voertuig af geslinger is, gevind.

“Ongelukkig was daar niks wat paramedici vir die twee vroue en kinders kon doen  nie. Hulle is dood op die toneel verklaar,” het Annine Dormehl, ER24 woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Die vroue was na bewering 35 en 60 jaar oud terwyl die kinders glo 7 en 11 jaar oud was.

Twee mans en twee kleuters was gelukkig om slegs met geringe beserings weg te stap. Hulle is op die toneel behandel waarna hulle deur ander nooddienste hospitaal toe vervoer is vir verdere behandeling.

Dit is nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie.
Plaaslike owerhede sal ‘n ondersoek na die saak.

Related Articles

Back to top button