Mes-slagoffer uit hospitaal

Die oud-Gimmie en Patria rugbyspeler wie se toestand ‘n week gelede nog kritiek was na ’n mesaanval, is uit die hospitaal ontslaan.

Die oud-Gimmie en Patria rugbyspeler wie se toestand ‘n week gelede nog kritiek was na ’n mesaanval, is uit die hospitaal ontslaan.
Jaswyn Damon is Sondagoggend, 26 Maart omstreeks 03:00 twee keer deur ’n mede-student met ’n mes gesteek. Die Herald het verlede week berig dat hy steeds in ’n kritieke toestand in die hospitaal is. Damon het so goed aangesterk dat hy uit die hospitaal ontslaan is.
“Ek is baie dankbaar dat ek so vinnig herstel het, ek besef dit kon baie erger gewees het. Dit is net die Here se werk wat my deurgetrek het,” vertel hy.
Hy moes ’n noodoperasie ondergaan wat goed afgeloop het. Die dokters het gesê dat slegs een uit tien mense dié soort beserings oorleef.
“Toe ek ingaan vir die operasie het ek geweet dat daar ’n kans is dat ek nie weer my ouers gaan sien nie. Ek het gebid voor ek ingegaan het en die Here het my deurgedra. Ek besef nou dat mens nie vir altyd hier is nie, ek waardeer alles en almal nou baie meer,” vertel Damon.
Hy kan vir die volgende ses maande geen strawwe oefening doen nie, tog is Damon baie gretig om weer op ’n rugbyveld te kom. Die mede-student, Abu Bakr Saloojee (20), wat hom na bewering met die mes gesteek het, is in hegtenis geneem, waarna hy op borgtog van R5 000 vrygelaat is.

Die verdagte, Abu Bakr Saloojee (20), wat op aanklag van poging tot moord in die hof verskyn het.

“Ek is regtig nie kwaad nie, ek is te dankbaar om kwaad te wees. Ek wil die dokters, verpleegsters en almal wat vir my gebid het bedank. Ek kon regtig voel dat ek nie alleen is nie,” vertel Damon.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version