Geen roof by Gimmies

Die Herald kon bevestig dat die gerugte wat op sosiale media verskyn het dat daar 'n gewapende roof by Gimmies plaas gevind het onwaar is.

Die Herald kon bevestig dat die gerugte wat op sosiale media verskyn het dat daar ‘n gewapende roof by Gimmies plaas gevind het onwaar is.

Die verwarring het glo gebeur toe polisielede met hulle vuurwapens in hulle hande ‘n verdagte oor die sportgronde gejaag het.

Die verdagte is na bewering deur die Carletonville polisie gesoek in verband met verskeie misdade. Hulle het  inligting ontvang dat hy in Potch is.

Nadat die speurders die man gevind en konfronteer het, het hy oor Gimmies se sportvelde gevlug.

Die polisie in samewerking met Mooirivier Beskerming het die man agterna gesit waarna hy uiteindelik in Van Rooystraat in hegtenis geneem.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version