NewsNews

Polisie trek vier vas oor R300 000 se dwelms

Die polisie het Maandagaand omstreeks 19:30 vier verdagtes in hegtenis geneem nadat sowat R300 000 se dwelms in hulle besit gevind is.

Die polisie het Maandagaand omstreeks 19:30 vier verdagtes in hegtenis geneem nadat sowat R300 000 se dwelms in hulle besit gevind is.

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was die polisie besig met patrollie op die N12 in die rigting van Johannesburg, toe hulle ‘n voertuig langs die pad sien staan het. Die lede het die bestuurder van die voertuig genader, waarna hulle die voertuig deursoek het. Twee tasse en ‘n sak is in die kattebak gevind. Die verdagtes is gevra om die tasse oop te maak, waar die polisie twee sakke dagga gevind het. Die ander sak het ongeveer 225 tablette ter waarde van sowat R162 000 bevat.


Volgens Chaka is beslag gelê op ongeveer 4.4 kg se dagga ter waarde van R138 000, asook die tablette, vermoedelik Mandrax. Die vier verdagtes wat almal van Soweto afkomstig is, is in hegtenis geneem.
Thokozani Chabuza, 29, Njabulo Chama,33, Sizwe Mabaso and Nkululeko Mvelase,37 het gister (22 Maart) in die hof verskyn op aanklag van die besit van onwettige dwelms. Die saak is uitgestel na 28 Maart al vier verdagtes bly in aanhouding.


Die provinsiale kommissaris, genl. Baile Motswenyane, het die twee lede van die blitspatrollie, sers. Kabelo Leboea en konst. Pule Nkafu, geprys vir die goeie werk wat hulle gedoen het. “Ons lede moet volhou met sulke goeie werk, dit verseker ’n veiliger Suid-Afrika vir ons almal,” het sy gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button