NewsNews

Minimum aankope nie meer nodig by Pick n Pay

Die minimum aankope by Pick n Pay Vanderhoffpark is nie meer vir pensioenarisse ‘n vereiste wanneer hulle hul pensioen daar gaan trek nie.

Die minimum aankope by Pick n Pay Vanderhoffpark is nie meer vir pensioenarisse ‘n vereiste wanneer hulle hul pensioen daar gaan trek nie.
Die Herald het verlede week berig oor dié supermark wat minimum aankope van R350 vanaf 1 April wou vereis vir mense wat hulle Sassa pensioen daar trek. Daar is toe ook berig dat die minimum fooi heroorweeg sou word. Volgens Tamra Veley, woordvoerder van Pick n Pay, is dit teenstrydig met Pick n Pay se beleid. “Ons het met die betrokke supermark gepraat en die kennisgewing is verwyder. Daar is geen minimum aankope nodig nie,” het sy gesê.

 

Lees die vorige week se berig hier: Spandeer eers geld, dan kry jy pensioen
Volgens Net1, die maatskappy wat die Sassa toelaes se uitbetaling administreer se termes en voorwaardes op hulle webtuiste, mag geen winkel wat onderneem het om die toelaes uit te betaal, iemand dwing om enige aankope te maak wanneer iemand hulle toelaes wil trek nie. Transaksies by Pick n Pay, Usave, Shoprite, Boxer en Spar is ook verniet. Waar toelaes by ander winkels getrek word, kan daar moontlik kostes gehef word. Vir toelaes wat by ‘n OTM getrek word, sal die gewone bankkoste gehef word. Dit word ook duidelik gestel dat die persoon aan wie die Sassa kaart behoort, die enigste persoon is wat die kaart mag gebruik.

Related Articles

Back to top button