NewsNews

Vermoorde man in pad gevind

‘n Lyk van ‘n vermoedelike vermoorde man is Sondagaand omstreeks 20:00 in New Marketstraat gevind.

‘n Lyk van ‘n vermoedelike vermoorde man is Sondagaand omstreeks 20:00 in New Marketstraat gevind.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die man ‘n oop wond aan sy bors gehad. Die wond is vermoedelik deur ‘n messteek veroorsaak.
“Die polisie het die man in die straat gevind waar hy op sy maag gelê het,” het hy gesê.
Die man is nog nie geïdentifiseer nie. Volgens Chaka het die swartman ‘n rooi T-hemp, khaki broek en bruin sandale aangehad.
“Ons vra dat enige iemand wat na ’n familielid soek na die Potchefstroom lykshuis toe kom om die lyk te identifiseer,” het hy gesê.
‘n Saak van moord word ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.
“Die polisie is vasbeslote om die mense wat vir die moord verantwoordelik was, vas te trek,” het Chaka gesê.

Related Articles

Back to top button