NewsNews

Munisipale beamptes geskors

Twee munisipale amptenare in die Kantoor van Finansies van die Tlokwe Munisipaliteit is onlangs tydelik geskors.

Twee munisipale amptenare in die Kantoor van Finansies van die Tlokwe Munisipaliteit is onlangs tydelik geskors.
Volgens William Maphosa, munisipale woordvoerder, is die beamptes tydelik geskors nadat ’n voorlopige ondersoek op verskeie voorvalle gedui het waar die beamptes nie die verkrygingsprosedures gevolg het nie, asook moontlike bedrog.
“Die skorsings is in ooreenstemming met die prosedures en wetgewing en is bedoel om die werknemers, die munisipaliteit en alle partye wat tydens die ondersoek betrokke is, te beskerm,” het Maphosa gesê.

Lees ook: Geskorste verkeersbeampte het glo binne die wet opgetree
Hy het bygevoeg dat die werknemers ‘n geleentheid sal kry om hul voorleggings tydens die dissiplinêre verhoor na vore te bring.
Volgens Hans-Jurie Moolman, DA koukus voorsitter, word beamptes, van wie sommige die gemeenskap vir meer as 20 jaar reeds dien, onregverdig geteiken.
Daar is nog beamptes wat volgens Moolman ook deur die munisipale bestuurder gedwing is om te bedank.
“Dit volg op die onlangse selfmoord van ’n regsadviseur van die munisipaliteit wat kort voor sy dood die mate waarin sy raad geïgnoreer is en die druk waaronder hy geplaas is om hoflitigasie te doen, ten spyte van ‘n uitgeputte begroting, aan raadslede geopenbaar het,” het Moolman gesê.
Volgens hom maak die munisipale bestuurder sondebokke van die beamptes in plaas daarvan om verantwoordelikheid te neem vir die verdoemende OG verslag wat onlangs vir die 2015/2016 finansiële jaar bekendgemaak is.

Related Articles

Back to top button