NewsNews

Geskorste verkeersbeampte het glo binne die wet opgetree

’n Verkeersbeampte is onlangs tydelik geskors omdat hy glo versuim het om ’n wettige opdrag van ’n toesighouer uit te voer en die toesighouer daarna geïntimideer het.

’n Verkeersbeampte is onlangs tydelik geskors omdat hy glo versuim het om ’n wettige opdrag van ’n toesighouer uit te voer en die toesighouer daarna geïntimideer het.
Volgens Willie Maphosa, munisipale woordvoerder, het die beampte na bewering geweier om ‘n vermeende dronkbestuurder van ‘n voertuig te toets of te arresteer. Hy was glo bewus van die toestand van die bestuurder, maar het haar doelbewus in daardie toestand laat wegry. “Verder het die beampte na bewering die toesighouer wat hom gerapporteer het, geïntimideer,” het Maphosa gesê.
Hy is dienooreenkomstig geskors terwyl ’n ondersoek gedoen word.

Volgens betroubare inligting het die betrokke beampte eers later op die toneel aangekom nadat die toesighouer die voertuig afgetrek het en met die vroulike bestuurder gepraat het. Die beampte het met die bestuurder gepraat waarna hy voorgestel het dat haar passasier die voertuig bestuur, omdat sy erken het dat sy ’n glas wyn saam met ete gehad het. Die beampte het glo nie alkohol aan haar geruik nie, en het geen rede gehad om te glo dat sy dronk was nie.
Nadat hy vir die vrou gesê het dat sy kan ry, het die toesighouer na bewering gesien dat die vrou wat uit die kar klim struikel, waarna die toesighouer daarop aangedring het om die bestuurder te toets.
Die toesighouer het die vrou getoets, wat aangedui het dat sy glo oor die limiet was. Hy het die beampte opdrag gegee om die vrou in hegtenis te neem.
Die toesighouer het glo nie vir hom die lesing gewys nie. Hy het gereageer deur te sê dat hy nie die lesing gesien het nie, Hy het voorts gesê hy het nie die vrou sien bestuur nie en dat hy as ’n man, nie gemaklik voel om die vrou in hegtenis te neem nie. Hy het glo voorgestel dat die toesighouer wat ’n vrou is, die bestuurder in hegtenis neem, omdat sy die lesing geneem het en oorspronklik die voertuig afgetrek het.
Die toesighouer het glo geweier, waarna die vrou laat gaan is. Kort daarna is die klag teen die betrokke beampte ingedien. Die saak word tans intern deur die munisipaliteit ondersoek.

Related Articles

Back to top button