NewsNews

Polisie ondersoek saak na man foto’s van kinders neem

Die polisie is tans besig om ‘n saak te ondersoek nadat ‘n man verlede week foto’s van kinders by Potchefstroom dam geneem het. Die Herald het verlede week berig dat ’n verdagte man deur ouers gekonfronteer is oor foto’s wat hy van hulle kinders neem. Na die berig verskyn het, het ’n jong vrou wat …

Die polisie is tans besig om ‘n saak te ondersoek nadat ‘n man verlede week foto’s van kinders by Potchefstroom dam geneem het.

Die Herald het verlede week berig dat ’n verdagte man deur ouers gekonfronteer is oor foto’s wat hy van hulle kinders neem. Na die berig verskyn het, het ’n jong vrou wat anoniem wil bly, die Herald geskakel en vertel dat sy self al in ’n soortgelyke situasie was.

“Ons was by ’n kuierplek toe ’n man, ‘n Pakistani, foto’s van my en my niggie begin neem het. Ons het hom gevra waarom hy dit doen, maar hy het niks gesê nie,” vertel sy. Die 20-jarige meisie het gedink dit is vreemd maar het niks gesê nie. Sy en haar niggie het net gesorg dat hulle van die man af wegkom. Nadat sy die berig oor die kinders in die Herald gelees het, het sy besluit om haar ervaring met te deel. Gedurende Desember is ’n bordeel in Klerksdorp deur die Valke gesluit. Die Nigeriër wat glo die bordeel bedryf het, is onder meer weens mensehandel aangekla. Malan le Roux, voorsitter van die GPF, het die saak oor die kinders wat afgeneem is namens die gemeenskap met die polisie opgeneem.

“Hulle het vir my gesê dat hulle besig is om die saak te ondersoek. Dit is ’n probleem wat met opleiding reggestel kan word,” het Le Roux gesê. Theo de Koker, die pa van een van die kinders wat by die dam afgeneem is, het self ook met die polisie  oor die voorval gaan praat. “Hulle het vir my gesê dat hulle die man se foto vir die polisie se inteliggensie-departement gegee het en dat hulle die saak gaan ondersoek. Die kolonel waarmee ek gepraat het is ook baie kwaad omdat die beamptes nie wou uitkom nie. Sy soek antwoorde by die mense wat aan diens was, maar het nog nie die nodige verslae gekry nie,” het De Koker gesê.

Lees die eerste berig hier: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/28026/pa-kwaad-oor-man-wat-fotos-van-kinders-neem/

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button