NewsNews

Gewapende roof in Ventersdorp

’n 45 jarige vrou van Ventersdorp is Saterdagaand by haar voordeur in Steenbokstraat oorval deur twee gewapende verdagtes.

’n 45 jarige vrou van Ventersdorp is Saterdagaand(28 Januarie) omstreeks 18:00 by haar voordeur in Steenbokstraat oorval deur twee gewapende verdagtes.
Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die vrou oppad terug van die winkels af toe die twee verdagtes haar oorval.
“Sy was besig om haar deur oop te sluit toe die verdagtes haar gegryp het en met ’n vuurwapen gedreig het,” vertel Manyoba.
Die vrou is in haar badkamer toegesluit waarna die verdagtes juweliersware ter waarde van duisende rande gebuit het.
“Nog niemand is in hegtenis geneem nie maar ’n saak van huisroof word ondersoek,” het Manyoba gesê. Die vrou was glo Sterdag nog erg getraumatiseer wat die polisie gedwing het om op ‘n latere stadium haar verklaring te neem.

 

Related Articles

Back to top button