Wat kos Potch skole?

Businesstech het onlangs 'n lys van die 20 duurste skole in die land publiseer. Kyk die lys hier. Potchefstroom Herald het na die verskeie Hoërskole in Potchefstroom se skoolgelde gekyk, hier is 'n lys van duurste na goedkoopste skole in Potchefstroom.

Businesstech het onlangs ‘n lys van die 20 duurste skole in die land publiseer. Kyk die lys hier.

Potchefstroom Herald het na die verskeie Hoërskole in Potchefstroom se skoolgelde gekyk, hier is ‘n lys van duurste na goedkoopste skole in Potchefstroom.

Die informasie is op die verskillende skole se webtuistes gekry, die skole wie nog nie die tariewe vir 2017 op die webtuistes bekend gemaak het nie is met ‘n * gemerk. Koshuisgelde is nie in berekening gebring nie.

  1. High School for Girls Potchefstroom*

 

Die skoolgelde vir dié skool beloop R21 700 per jaar. Volgens hulle Facebookblad het hulle vanjaar weer ‘n 100% slaagsyfer en 87.5% universiteitstoelating behaal. Twee van die top 20 leerders in die provinsie kom ook uit die skool uit.

  1. Potchefstroom Boys High School*

Boys High, soos die skool bekend is se skoolgelde beloop R17 500. Hulle het ‘n 98.8% slaagsyfer behaal.

  1. Potchefstroom Gimnasium*

Volgens hulle webtuiste kos dit R12 000 per jaar vir Gr 8 en 9, terwyl die skoolgelde vir Gr. 10 -12 R13 000 beloop. Gimmies het vyf van die top 20 leerders in die provinsie opgelewer en ‘n 100% slaagsyfer behaal. Hulle universiteitstoelatingsyfer (90.27%) was ook die beste in die provinsie.

  1. Hoër Volkskool Potchefstroom

Die enigste skool op die lys wat sy 2017 tariewe al bekend gemaak het. Die skoolgelde beloop R12500 per jaar. Volkies het vanjaar ‘n 98.92% slaagsyfer behaal en het ook die top leerder in die provinsie (Lunè Smit) opgelewer.

 

Die skoolgelde vir Ferdinand Postma is nie op hulle webtuiste beskikbaar nie. HTS Potchefstroom het nie ‘n webtuiste waar die informasie bekom kon word nie.

Exit mobile version