NewsNews

Ma dood, drie kinders beseer na botsing

ʼn Ma is dood en drie jong kinders beseer gistermiddag (8 Januarie) omstreeks 18:00 op die N12, Johannesburgpad ongeveer 32km van Potchefstroom na ʼn kop-aan-kop botsing.

ʼn Ma is dood en drie jong kinders beseer gistermiddag (8 Januarie) omstreeks 18:00 op die N12, Johannesburgpad ongeveer 32km van Potchefstroom na ʼn kop-aan-kop botsing.

Paramedici van ER24 het met aankoms een van die voertuie in die veld gevind. Een van die kinders, wat ongeveer 1 jaar oud is, is uit die voertuig gegooi, die kleuter is in ʼn kritieke toestand na Potchefstroom hospitaal toe vervoer. Die ander twee kinders, ongeveer 5 en 9, het matige tot ligte beserings opgedoen. Ongelukkig was daar niks wat paramedici vir die ma kon doen nie, en sy is later dood op die toneel verklaar. Die bestuurder, wat vermoedelik die pa is, is binne die voertuig gevind. Hy het slegs ligte beserings opgedoen.

Twee insittendes van die ander voertuig het ligte beserings opgedoen. Hulle is op toneel behandel waarna een van die insittendes geweier het om hospitaal toe geneem te word.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend maar die polisie was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

Related Articles

Back to top button