NewsNews

Jong vrou hospitaal toe na botsing

ʼn Jong vrou het vanmiddag (9 Januarie) omstreeks 12:00 met ʼn trok op die N12 Johannesburgpad, ongeveer 10km buite Potchefstroom gebots.

ʼn Jong vrou het vanmiddag (9 Januarie) omstreeks 12:00 met ʼn trok op die N12 Johannesburgpad, ongeveer 10km buite Potchefstroom gebots.

FOTO: IMR ambulansdienste
FOTO: IMR ambulansdienste

Die vrou wat glo in haar laat 20s is, het na bewering beheer oor die voertuig verloor waarna sy in die trok vas is. Met IMR ambulansdienste se aankoms op die toneel is daar bevind dat sy gelukkig slegs ligte beserings opgedoen het. Hulle het haar behandel en na Mediclinic Potchefstroom vervoer vir verdere behandeling.

Die polisie was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

Related Articles

Back to top button