NewsNews

Verstopte pyp laat riool in Smitstraat afstroom

Riool wat Dinsdagoggend in Smitstraat afgestroom het, is glo deur ‘n verstopte pyp veroorsaak.

Riool wat Dinsdagoggend in Smitstraat afgestroom het, is glo deur ‘n verstopte pyp veroorsaak.
Die drukking in die lyn het veroorsaak dat riool in nabygeleë erwe invloei. Mense het onder meer rou hoenderstukke tussen die riool gevind.

stroom
Riool wat uit ‘n mangat in Smitstraat gestroom het.

Wyksraadslid Johan Zerwick en die DA het geëis dat die munisipaliteit ondersoek moet instel van waar hierdie afval vandaan kom. Volgens ’n verklaring van Zerwick was daar destyds ook hoenderafval gevind wat in die Wasgoedspruit geloop het.
Inwoners in die area het gesê dat dit nou reeds die derde keer sedert verlede week is wat die riool so opstoot.
“Elke keer maak hulle die lyn reg, maar ‘n paar dae later is dit net weer dieselfde storie,” het ’n inwoner gesê.
Die riool het vanaf Smitstraat tot in Kockstraat afgestroom waar dit in ’n stormwaterdrein ingeloop het. Water wat in ’n stormwaterdrein inloop, loop uiteindelik in die Mooirivier. “Mense is al keelvol vir die stank en die riool. Dit sal nie vreemd wees as mense siek word hiervan nie,” het Zerwick in ’n verklaring gesê.
Navrae in dié verband is aan die munisipaliteit gestuur, maar teen druktyd is geen reaksie ontvang nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button