NewsNews

Werklose man maak innoverende plan

’n Werklose man het besluit dat hy nie op ’n straathoek gaan staan en bedel nie, maar eerder ’n verskil gaan maak in Potchefstroom se strate.

’n Werklose man het besluit dat hy nie op ’n straathoek gaan staan en bedel nie, maar eerder ’n verskil gaan maak in Potchefstroom se strate. Vincent Gray loop van deur tot deur en vra inwoners of hy teen ’n klein fooi hul huisnommers op die sypaadjie voor die huis kan verf.
Vincent het al ’n paar maande gelede daaraan begin dink om nommers op die sypaadjies te verf, en omdat hy ervaring het in tekens skryf, sou hy dit maklik kon doen. Die struikelblok was dat hy nog nie die geld gehad het om verf en toerusting aan te skaf vir die besigheid nie – tot ’n paar weke gelede.
Toe ‘n inwoner, Arina Hobbs hom toegelaat het om haar huisnommer te verf, was sy so beïndruk met sy werk en innoverendheid dat sy besluit het om almal op Facebook van hom te vertel. Daarna het Potchefstroom skielik ingespring om vir dié innoverende man sommer baie besigheid te gee.
Verskeie mense het nou al saamgespan om vir hom ‘n foon te skenk sodat hy oproepe kan ontvang van mense wat hul nommers wil laat verf. Omdat hy die nommers met die vry hand verf, het iemand aangebied om vir hom twee stelle stensils sowel as wit en swart verf te skenk. Nog ’n persoon het voorgestel om vir hom ’n paar gemaklike skoene te koop, sodat hy van huis tot huis kan loop sonder enige probleme. Hy sê hy weet nie wie vir hom die foon gekoop het nie, maar is baie dankbaar en weet dat dit ’n groot verskil gaan maak in sy besigheid.
Vincent vra R60 om twee syfers te verf en R100 vir drie.
Enige iemand wat hul huisnommers wil laat verf, of selfs net ’n skenking aan Vincent wil maak, kan hom by 060 774 0911 kontak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button