NewsNews

Vrou met tuinvurk vermoor

’n Vrou is wreedaardig op ’n plaas naby Ventersdorp met ’n tuinvurk vermoor.

’n Vrou is wreedaardig op ’n plaas naby Ventersdorp met ’n tuinvurk vermoor.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was me. Annerie Grobler (55) Sondagoggend omstreeks 05:00 besig om diere op die plaas Witrantjiesfontein te voer toe sy glo deur drie verdagtes oorval is.
Dit blyk dat Grobler haar teëgesit het, waarna die verdagtes die tuinvurk in haar kop gedruk het. Haar lyk is deur die plaaseienaar, mnr.Danie Erasmus, gevind. Volgens hom het hy vroegoggend deur die plaas gery en agtergekom dat alles nie pluis is nie. Hy het dadelik dieper die plaas ingery en tot sy skok vir Grobler by die beeskraal se hek aangetref. Sy was reeds dood.
Grobler het alleen op die plaas gewoon waar sy vir Erasmus gewerk het. Die verdagtes het Grobler se bakkie gebruik om van die toneel te vlug. Erasmus het dadelik die polisie ontbied, waarna ‘n groot soektog na die bakkie van stapel gestuur is. Lede van die gemeenskap het die polisie bygestaan in die soektog. Privaat helikopters is ook ingespan om te help soek.
Die bakkie is deur middel van ’n opsporingstelsel tot in Hartebeesfontein gevolg.
“Toe die verdagtes die polisie sien, het hulle die bakkie gelos en te voet gevlug. Met die hulp van die gemeenskap, is een van hulle deur lede van die Hartebeesfontein-landbouvereniging se veiligheidseenheid en die polisie in hegtenis geneem,” het Manyoba gesê.
Grobler se selfoon en hond is glo in die bakkie gevind. D
ie ander twee verdagtes word nog gesoek. Gert “Juba” Moreo (32), wat glo voorheen ’n werker op die plaas was, het Dinsdag in die Ventersdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en diefstal. Die saak is uitgestel nadat regshulp deur Moreo aangevra is.
Volgens Manyoba is die motief vir die moord steeds onbekend, omdat niks anders in die huis gesteel is nie.
*Die plaas waar die voorval plaasgevind het, is dieselfde plaas waar oud AWB leier, Eugene Terre’ Blanche ongeveer ses jaar gelede vermoor is.

Related Articles

Back to top button