NewsNews

Man 21 keer met messe gesteek by sentrum

‘n Man is Vrydagmiddag omstreeks 17:00 in Govan Mbeki-rylaan naby die Riverwalk inkopiesentrum 21 keer met messe gesteek.

‘n Man is Vrydagmiddag(28 Oktober)  omstreeks 17:00 in Govan Mbeki-rylaan naby die Riverwalk inkopiesentrum 21 keer met messe gesteek.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is hulle na die toneel ontbied. Met hul aankoms is verneem dat die slagoffer reeds in ’n kritieke toestand deur ER24 na die Potchefstroom-hospitaal geneem.
“Daar is na die kringtelevisiekamera se beeldmateriaal gekyk om te sien wat presies gebeur het,” het Manyoba gesê. Dit het glo gewys hoe ’n man deur twee verdagtes aangerand en met messe gesteek word.
Die verdagtes is op die toneel op aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem. Tertius Oosthuizen(48) en Indrion Govender (42) het Dinsdag in die Potchefstroomlandroshof verskyn waarna die saak uitgestel is na 7 November vir verdere ondersoek.

Related Articles

Back to top button