NewsNews

VOL STORIE: Liggaam van oud-Gimmie terug in Suid-Afrika

Die liggaam van oud-Gimmie en PUK student Colin Wheeler, wat verlede week in ‘n Viëtnamese hospitaal gesterf het, is terug in Suid-Afrika.

Die liggaam van oud-Gimmie en PUK student Colin Wheeler, wat verlede week in ‘n Viëtnamese hospitaal gesterf het, is terug in Suid-Afrika.
Sy gesin het hulp gekry van die gemeenskap om fondse in te samel toe hulle uitvind hulle mag eers sy oorskot terugkry in sy eie land wanneer al die hospitaalkostes gedek is.
Hulle moes sowat $33 500 insamel sodat hulle Colin kon terugbring om in Suid-Afrika te begrawe. Die geld, wat $25 000 se hospitaalkostes sowel as $8 500 se ander rekeninge insluit, is in sowat ‘n week ingesamel.
Die gesin bedank almal wat ‘n skenkings gemaak het. Nou werk hulle nog net daaraan om sy pa, André Wheeler terug in die land te kry sodat hulle kan voortgaan met die begrafnisreëlings.
Op die Facebookblad “Bring Colin Home” wat deur die familie geskep is om fondse in te samel, bedank hulle almal wat ‘n bydrae gelewer het en dit moontlik gemaak het om die hospitaalrekeninge te betaal.
Hulle bedank ook die media, spesifiek Beeld, Maroela Media en die Herald. Apax word ook bedank vir hul vrygewige skenking.
“Dit is werklik ‘n seëning om ‘n gemeenskap te sien wat soveel deernis en liefde teenoor mekaar het en die vrywilligheid om in alle moontlike maniere uit te help. Ons het dit nou gesien in dié moeilike tyd.”
Wheeler (23) het in Augustus vanjaar na Hanoi in Viëtnam verhuis om as ‘n deeltydse Engelse onderwyser te werk.
Op 10 Oktober is hy in die hospitaal opgeneem, waarna sy ma Erika Wheeler na Hanoi gevlieg het om hom in die hospitaal by te staan deur sy pyn en lyding tot hy oorlede is.
Op 18 Oktober het Colin se pa, André Wheeler ook in Hanoi arriveer, op die dag toe Colin dood is. Sy pa en ma was albei by hom met sy dood.
Colin is dood aan massa orgaanversaking. Hoewel toetse vir malaria negatief is, vermoed die hospitaal en familie steeds dat dit as gevolg was daarvan.
Volgens die familie het hulle die Suid-Afrikaanse ambassade om hulp genader toe hulle hoor hulle moes eers die hospitaalkostes betaal voor hulle Colin se oorskot mag terugbring Suid-Afrika toe.
Die ambassade het gesê dat hulle nie die geld het om die Wheeler familie te help nie.
Colin se pa, André, het aangebied om sy seun se liggaam te ruil vir sy eie paspoort. So het Colin teruggekom Suid-Afrika toe, maar André moes agterbly in Viëtnam tot die rekeninge betaal is.
Om Colin se liggaam te vervoer het ‘n ekstra $8 500 gekos. Colin se liggaam het Maandag 24 Oktober in Suid-Afrika aangekom. Sy ma is ook terug in die land.
André is tans op pad na Suid-Afrika en begrafnisreëlings sal gefinaliseer word sodra hy in die land aangekom het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button