NewsNews

Brand verwoes huis, baba-hondjie dood

’n Gesin se babahondjie het doodgebrand en hulle het alles wat in hul huis was verloor in ’n brand wat Sondagoggend omstreeks 02:00 uitgebreek het.

’n Gesin se babahondjie het doodgebrand en hulle het alles wat in hul huis was verloor in ’n brand wat Sondagoggend omstreeks 02:00 uitgebreek het.
Die gesin moes deur die vlamme hardloop om uit die huis te kom.
“Daar was net een pad uit en dit was by die voordeur. Ons kon dood gewees het,” vertel Geraldine Freysen van die angsoomblikke wat hulle beleef het.
Volgens Herman Freysen het hulle geslaap toe ’n vriend, wat by hulle oornag het, glas hoor breek het.
“Hy het gaan kyk en gesien die bankie in die sitkamer brand.”

herman
Geraldine het dadelik hulle 18 maande oue seun, SJ, in ’n kombers toegedraai om uit die huis te kom.
In die mal geskarrel om veilig uit te kom het SJ se babahondjie en “Bearded Dragon” agtergebly. Albei diertjies is in die brand dood.
Hulle het Mooirivier Beskerming se nuwe paniektoestel, Ice Bear, gebruik om hulp te kry.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming het hulle telefonies met Freysen kontak gemaak, waarna hulle die brandweer laat weet het.
Die gesin het gelukkig geen ernstige beserings opgedoen nie en is slegs vir rookinaseming behandel.
Die gesin het egter alles in die brand verloor. Hulle woon tans by Geraldine se ouers in die stad.
Die gesin het nie versekering vir die huisinhoud nie. As enigeen kan help, kan Herman by 071 512 0030 gekontak word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button