NewsNews

Moord en Roof in Mooivalleipark

'n Vrou is oorlede en 'n ander vrou is in die hospitaal na rowers hulle gisteraand omstreeks 22:00 by hulle huis in Mooivalleipark oorval het.

‘n Vrou is oorlede en ‘n ander vrou is in die hospitaal na rowers hulle gisteraand omstreeks 22:00 by hulle huis in Mooivalleipark oorval het.

Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die bure skote gehoor waarna hulle vir Mooirivier Beskerming gekontak het. Met die polisie se aankoms het hulle die twee vroue en hulle buurvrou in die huis aangetref. Een van die vroue was bewusteloos en die ander ernstig beseer. Volgens Christiaan Haefele, besdryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, blyk dit dat die rowers toegang verkry het deur oor die die muur en onder die elektriese heining te klim.

“Paramedici van ER24 het probeer om die bewustelose vrou se lewe te red maar daar was niks wat hulle verder vir haar kon doen nie. Sy is dood op die toneel verklaar. ‘n Saak van huisroof en moord ondersoek,” het Manyoba gesê.

Die beseerde vrou is na Mediclinic Potchefstroom geneem vir verdere behandeling.

Volgens Manyoba word die moontlikheid ondersoek dat dieselfde rowers betrokke was by ‘n gewapende roof wat gisteroggend in Van der Hoffpark plaasgevind het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button