NewsNews

#FeesMustBeFound; Solidariteit Helpende Hand daag instansies uit

Solidariteit Helpende Hand het besluit om daad by woord te voeg en die geld wat hulle op ’n jaareindfunksie wou spandeer het, in ’n studiefonds te belê. Helpende Hand daag nou ander organisasies uit om dieselfde te doen.

Solidariteit Helpende Hand het besluit om daad by woord te voeg en die geld wat hulle op ’n jaareindfunksie wou spandeer het, in ’n studiefonds te belê. Helpende Hand daag nou ander organisasies uit om dieselfde te doen.

Die huidige krisis by universiteite landwyd het die finansiële nood van studente weer onder die soeklig geplaas.  Helpende Hand se personeel dra reeds maandeliks by tot die Raasblaar-studiefonds wat reeds vele verdienstelike studente se studiekoste gedek het. Die personeel het besluit om nog meer in te staan vir arm studente. Daarom is daar besluit om nie vanjaar ’n jaareindfunksie te hou nie, maar eerder die geld in die studiefonds te stort.

“Helpende Hand glo  dat die #FeesMustFall-protes  onredelik is. Daarom maak ons hierdie ekstra skenking onder die hutsmerk #FeesMustBeFound. Ons besef dat tersiêre opleiding duur is en wil arm studente bystaan met hul studiekoste,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand.

Daar studeer vanjaar 1 250 studente aan Suid-Afrikaanse tersiêre instansies met meer as R31 000 000 se studiehulp van Helpende Hand. 96% van hierdie studente is gekant teen die #FeesMustFall-protes en 92% glo nie dat verniet tersiêre opleiding van hoë gehalte haalbaar is nie.

Helpende Hand daag ander instansies hiermee amptelik uit om hulle jaareindfunksies af te skaf of af te skaal en ’n bydrae te maak tot die Helpende Hand studiefondse.

“Die universiteitskrisis noop elke indiwidu en instansie om dringend te dink aan oplossings vir arm studente se studiekostes. Ons uitdaging gee aan instansies die geleentheid om ’n bydrae te maak sonder dat hulle van hulle 2016-begroting hoef af te wyk,” sê Johan Nel, Helpende Hand se adjunk-uitvoerende hoof.

Organisasies wat graag wil deelneem aan die uitdaging kan ’n inbetaling maak in die Raasblaar-studiefonds en daarmee verseker dat ’n kind die opleiding kry waarna hulle so desperaat smag.

Solidariteit Helpende Hand

Bank: FNB

Rekeningnommer: 62 331 445 503

Tak: Centurion (takkode: 250 655)

Verwysing: FeesMustBeFound

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button