Pensioenaris kort hulp na brand haar motor verwoes

ʼn Voertuig het Donderdagmiddag 11 Augustus omstreeks 13:00 in Kampstraat aan die brand geslaan en is heeltemal verwoes.

ʼn Voertuig het Donderdagmiddag 11 Augustus omstreeks 13:00 in Kampstraat aan die brand geslaan en is heeltemal verwoes.
Die pensioenaris, aan wie die voertuig behoort, het dit aan haar skoonseun geleen. Dit het in die erf agter die Dienssentrum gestaan toe dit aan die brand geslaan het. Die skoonseun was besig om werk by die perseel te doen. Die bejaarde vrou se oorlede man het destyds sy pensioengeld gebruik om die voertuig te koop
Mooirivier Beskerming was op die toneel en Tlokwe brandweer het die brand bestry. Dit is nog onbekend presies wat die brand veroorsaak het. Niemand tydens die voorval beseer nie.
”My skoonma sukkel nou om te kom waar sy moet wees. Sy moet nou ’n voertuig leen of loop,” het Chris Stemmet, een van die vrou se ander skoonseuns gesê.
Enigiemand wat kan help kan Chris by 063 609 3957 of Helena by 072 574 0407 skakel.

Exit mobile version