Hoop vir die nuwe plantseisoen

Vir enige boer om regtig ‘n suksesvolle oes, ‘n beter algehele opbrengs, gesonder grond en ekonomiese groei te verseker, is biologiese entstowwe die antwoord.

 

Vir enige boer om regtig ‘n suksesvolle oes, ‘n beter algehele opbrengs, gesonder grond en ekonomiese groei te

verseker, is biologiese entstowwe die antwoord.

Op 2 Augustus het Soygro ‘n groot boere samekoms by Carnival City gehou om weer hoop in elke boer se hart te sit vir die nuwe plantseisoen wat weer om die draai is.

Met boere se kommer oor die vooruitsigte van die Suid-Afrikaanse landbou-sektor is ‘n inligting- en vermaaklikheidsdag geloods om met die Oos-Transvaal boere te praat oor kwessies rakende die plantseisoen. Soygro se fokus was nie alleenlik op die boere nie, maar ook op hulle vrouens.

Mnr. Hendrik Kapp (Bedryfshoof van Soygro) het begin deur te sê:

“Elke boer en landbou produsent verlang na ‘n gehalte landbouproduk wat hoër opbrengste kan verseker, maar dink deesdae dat Rhizobium alleenlik die antwoord is.” Hy sê verder dat dit ‘n jammerte is, omdat daar ‘n baie groter wêreld daar buite in biologie is wat volhoubare landbou verseker.” Met 30 jaar se studies wat gedoen is oor watter organismes by mekaar gesit moet word, is dit tyd dat boere begin kyk na gehalte biologiese entstof produkte en programme om in hul besondere plant behoefte te voorsien.

Elke boer het hulpmiddels nodig vir die onderdrukking van plantsiektes, om hul plantegroei te bevorder en grondvrugbaarheid te verseker. Soygro bied aan die boer en landboukundiges die nodige tegniese ondersteuning en hulp deur mikrobiologiese plant- en grond entstowwe te vervaardig wat die totale plant, regdeur die groeiseisoen, aanspreek en spesifiek plant- en grondmikroflora opbou.

Mnr. Tem Odendaal (Direkteur van Soygro) het aan boere verduidelik dat elke boer nie méér grond nodig het om hulle opbrengspotensiaal te verhoog nie, maar dat hulle gemiddelde opbrengs per hektaar moet styg.  Odendaal het bewustheid oor die waarde van mikrobiologiese entstof produkte onder die  boere bewerkstellig. “Net in die sojaboon-sektor gaan tot R2,1 biljoen verlore as gevolg van onvolledige entstof programme en meer as R7 biljoen by mielies,” het Odendaal gesê.

Tydens die geleentheid is die verskillende beginsels van mikrobiologiese entstof produkte en programme bespreek om sodoende die biologiese potensiaal op die plaas te ontgin. Verder was biologiese plantvoeding bespreek vir die benutting van bemeste en biologiese stikstof, yster en fosfaat en die doeltreffende toediening van molibdeen.

Daar is spesifiek gefokus op die doeltreffende benutting van bemesting, interaksie tussen biologie en chemie, biologiese aalwurm beheer, asook die beheer teen siektes soos Fusarium en Sclerotinia.

“Agter elke suksesvolle boer, staan ‘n ondersteunende boerevrou en dit is tyd dat boer vir sy vrou die hef in die hand sit as dit by biologiese entstowwe kom,” noem Kapp opgewonde. Hy het aan die boerevrouens ‘n besigheidsidee voorgelê waar nie net die boer se opbrengs verbeter sal word nie, maar waar die vrouens ook ekonomiese voordeel uit kan trek.

“Al wat die vrou moet doen is om seker te maak dat biologiese entstof gemeng en korrek toegedien word tydens die plantseisoen.” Deur die gebruik van ‘n sojaboon entstof program op byvoorbeeld 500 hektaar is ‘n 600kg p/ha opbrengsverhoging moontlik. Dit sal ‘n omset van R1,8 miljoen verseker waar jou insetkoste slegs R300 000 was.

Vir die boerevrouens het Soygro ‘n spesiale program uiteengesit waar NuSkin hulle bederf het met geskenkpakkies, gesprekke oor skoonheid en demonstrasies van die skoonheidsprodukte. Die vrouens het hulle gate uit geniet en weer die sensuele kant van hulself herontdek.

Natuurlik het Soygro die beste vir laaste gelos. Die dag is afgesluit met ‘n tradisionele bord boerekos en met Steve Hofmeyr as vermaaklikheidskunstenaar. Steve het die boere en hul vrouens aangemoedig om plaaslike besighede te ondersteun. “Soygro is ‘n trots, Suid-Afrikaanse maatskappy wat sedert 1988 die plaaslike

Landbou-bedryf ondersteun. Produsente is deesdae geneig om buitelandse entstof maatskappye te ondersteun, terwyl die beste entstof in Suid-Afrika beskikbaar is,” sê Steve.

 

 

Exit mobile version