Gasbottel glo oorsaak van brand

’n Besigheidskompleks het Woensdag omstreeks 07:30 in Spruitstraat aan die brand geraak. Dit is glo veroorsaak deur ’n wanfunksionerende gasbottel wat vlamgevat het.

’n Besigheidskompleks het Woensdag omstreeks 07:30 in Spruitstraat aan die brand geraak. Dit is glo veroorsaak deur ’n wanfunksionerende gasbottel wat vlamgevat het.
Mooirivier Beskerming was eerste op die toneel, waarna die Tlokwe brandweer ontbied is om die brand te blus. Die weermag se brandweer was ook byderhand om te help. Tlokwe verkeer en die polisie was op die toneel om dit te beveilig.


Niemand het enige beserings tydens die brand opgedoen nie. Die besigheidseienaars en werknemers het almal saam op die toneel gebid.
’n Voertuig en van die artikels wat in die winkels was, kon gered word. Teen druktyd was dit onbekend wat die presiese omvang van die skade aan die kompleks is.

 

Soortgelyke Stories

HTS Potchefstroom kantoor deur brand verwoes

Huis brand twee keer op een dag

River Café brand af – Foto’s

Motorhuis brand

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version