Raaisel oor gru-vonds by begraafplaas

'n Raaisel omhul die gru-vonds wat verlede Saterdag by die Potchefstroom begraafplaas gevind is. Dit het selfs geharde polisiemanne geskok.

‘n Raaisel omhul die gru-vonds wat verlede Saterdag by die Potchefstroom begraafplaas gevind is. Dit het selfs geharde polisiemanne geskok.

Die kop van ‘n jong kind is eers gevind en later ‘n erg ontbinde liggaam. Volgens ‘n begrafnisondernemer was hy besig met ‘n begrafnis, toe die polisie op diebegraafplaas toegesak et.

Die Herald het van ‘n betroubare bron verneem dat iemand met ‘n voertuig by die begraafplaas glo oor iets gery het en eers daarna besef et dit is ‘n kop van ‘n mens. Die polisie is ontbied en die res van die lyk, wat al erg oontbind was, is ‘n entjie weg in ‘n sloot, wat voor die begraafplaas verbyloop, gevind.

Die lyk is na bewering die van ‘n 11-13 jarige meisie. Die polisie ondersoek die saak.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version