NewsNews

Reuse sinkgat langs buurdorp

’n Reuse sinkgat het Sondag naby Carletonville ingeval wat tot sowat 40 000 mense in die omgewing sonder water kan laat.

’n Reuse sinkgat het Sondag naby Carletonville ingeval wat tot sowat 40 000 mense in die omgewing sonder water kan laat.

Waterpypleidings na uitbreidings van Khutsong en Welverdiend het deels in die sinkgat afgestort en gebreek.

Dit gaan nagenoeg R50 miljoen kos om te herstel en aangesien herstelwerk as gevolg hiervan nie gou gaan gebeur nie is inwoners gevra om kalm te bly. Water sal aangery word.

Mense is ook gewaarsku om nie naby die sinkgat te kom nie aangesien dit baie onstabiel is en moontlik verder kan inval.

Die sinkgat is tussen die Doornfontein-goudmyn en Khutsong sowat ’n kilometer vanaf die R501. Dit is nagenoeg drie kilometer vanaf die reuse sinkgat waarin ’n huis jare gelede naby die Blyvooruitzig-myn verdwyn het.

Op drie dae na, 52 jaar gelede, op 3 Augustus 1964 het twee huise en dele van nog twee huise in die sinkgat by Blyvooruitzig verdwyn. In een van die huise was die Oosthuizen-gesin van vyf en hul huishulp. Geen teken van hulle of hul motor is ooit weer gevind.

’n Monument is later tot hul nagedagtenis opgerig met die treffende inskripsie: “God het hulle self ter aarde bestel”.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button