Afriforum waarsku oor moontlike onrus op stemdag

AfriForum waarsku in ’n verklaring wat Maandag uitgereik is dat politieke onrus tussen die ANC, DA, SACP en die EFF waarskynlik is in verskeie dorpe in Noordwes, onder andere ook Tlokwe.

AfriForum waarsku in ’n verklaring wat Maandag uitgereik is dat politieke onrus tussen die ANC, DA, SACP en die EFF waarskynlik is in verskeie dorpe in Noordwes, onder andere ook Tlokwe.

Hulle waarsku gemeenskappe om besonder veiligheidsbewus te wees tydens die verskiesingsproses, veral in gebiede waar die ANC volgens voorspellings moontlik beheer kan verloor.

Ipsos Suid-Afrika het met vorige verkiesings akkurate voorspellings gemaak en vanjaar weer aangedui dat die ANC moontlik in verskeie gebiede deur mededingende partye verbygesteek gaan word. Landswye onluste en konflik word veral in dié gebiede verwag, en dus is dit belangrik dat mense op stemdag sowel as die in die komende weke paraat en verantwoordelik optree,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Cameron sê voorts dat die onluste in Junie vanjaar, waartydens ANC-groepe onder meer busse en geboue aan die brand gesteek het omdat hulle gekant is téén die nominasie van Thoko Didiza as ANC-burgemeesterskandidaat van die Tshwane-metroraad, ’n verdere aanduiding is dat vonke waarskynlik gaan spat indien dié politieke party van mag ontneem word.

Die organisasie het sewe veiligheidswenke vir stemdag (3 Augustus) opgestel:

  1. Parkeer jou motor op ’n veilige plek waar toesig gehou word.
  2. Vermy stempunte waar daar onrus plaasvind.
  3. Vermy konflik of konfrontasies in stemrye.
  4. Probeer om vroeg reeds by jou betrokke stempunt te wees.
  5. Probeer om saam met iemand te gaan stem.
Exit mobile version