Working on Fire help Paws hokke regmaak

Die Working on Fire (WoF), Castello span het Dinsdag (26 Julie) uitgereik na Paws om te help dierehokke regmaak.

Die Working on Fire (WoF), Castello span het Dinsdag (26 Julie) uitgereik na Paws om te help dierehokke regmaak.

Die onlangse swaar weer het van die hokke by Paws beskadig. Hulle het Maandag (25 Julie) op Facebook om hulp gevra, die volgende dag was die  WoF span daar om te help. Darren Kruger, voorsitter van Paws, het vir Kobus Roux, voorsitter van die Brandbeskermingsverening, en die Castello span op Facebook bedank.

“Hierdie ouens is altyd bereid om te help, een oproep na Kobus en daar was nie eers \ klein bietjie huiwering van hulle kant af,” het Kruger op Facebook gesê.

“Dit is gemeenskapsdiens op sy beste,” het Roux op Facebook gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version