Motorfietsongeluk op Govan Mbeki-rylaan

'n Motorfietsryer is beseer nadat hy in die kant van 'n voertuig vas gery het.

‘n Motorfietsryer is beseer nadat hy in die kant van ‘n voertuig  vas gery het.

Die ongeluk het omstreeks 11:30 op die hoek van Govan Mbeki-rylaan en Piet Uysstraat plaasgevind. Die bestuurder van die voertuig het glo uit Piet Uysstraat gekom toe die motorfiets haar voertuig tref. Sy is na bewering nie beseer tydens die ongeluk nie.

Netcare 911  was op die toneel om die beseerde motorfietsryer  te behandel. Hulle het die beseerde stabiliseer waarna hy Potchefstroom hospitaal toe geneem is.

Exit mobile version