Man per helikopter hospitaal toe

'n 54-jarige man is in 'n kritieke toestand per helikopter Sondagaand hospitaal toe geneem nadat sy voertuig met 'n vragmotor gebots het.

‘n 54-jarige man is in ‘n kritieke toestand per helikopter Sondagaand  hospitaal toe geneem nadat sy voertuig met ‘n vragmotor gebots het.

Die ongeluk het omstreeks 18:00 op die die R54 tussen Fochville en Potchefstroom plaasgevind.

Volgens ‘n verklaring van ER24 het paramedici op die aangekom waar hulle ‘n stasiewa langs die pad gevind het. Die bestuurderskant van die voertuig was heeltemal oopgeskeur. Die bestuurder was steeds in die voertuig met kritieke beserings wat wissel van kopbeserings tot groot snywonde en frakture.

‘n Helikopter is na die toneel ontbied waarna die man na die Chris Hani Baragwaneth Hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

“Volgens die bestuurder van die vragmotor het hy opgemerk dat die voertuig skielik uitgeswaai het in sy baan. Hy het aangedui dat hy dit reggekry om oor te beweeg, maar die sleepwa van die vragmotor was nog in die pad van die aankomende voertuig,” het Werner Vermaak, ER24 woordvoerder, gesê.

Die presiese oorsaak van die botsing word ondersoek.

Exit mobile version