NewsNews

Polisie kry gesteelde vuurwapen terug

’n Vermeende gesteelde vuurwapen is teruggekry nadat twee mans onderskeidelik Vrydag (8 Julie) en Dinsdag (13 Julie) in hegtenis geneem is op aanklag van besit van vermeende gesteelde goedere.

’n Vermeende gesteelde vuurwapen is teruggekry nadat twee mans onderskeidelik Vrydag (8 Julie) en Dinsdag (13 Julie) in hegtenis geneem is op aanklag van besit van vermeende gesteelde goedere.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was twee beamptes van die honde-eenheid Dinsdag besig met patrollie toe hulle drie verdagte mans met ’n rugsak gesien loop het.
“Toe hulle genader is het twee van die verdagtes weggehardloop. Hulle het die derde verdagte met die rugsak daar gelos,” vertel Manyoba.
Verskeie toerusting wat gebruik kan word om by voertuie in te breek, asook messe, ’n selfoon en ’n vuurwapen is toe gevind.
Die selfoon het verskeie SMS’e en foto’s opgehad wat die polisie laat vermoed het dat dit gesteel is.
Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die vuurwapen in Orkney gesteel is nadat ’n man glo Sondag (9 Julie) deur drie verdagtes in sy winkel beroof is.

Konstabels Motsemme en Makhaza wat die man met die vuurwapen in hegtenis geneem het.
Konstabels Motsemme en Makhaza wat die man met die vuurwapen in hegtenis geneem het.

Volgens Manyoba is die verdagte nie ’n eerste oortreder nie. Hy is glo verlede jaar ook in hegtenis geneem op aanklag van diefstal.
In ’n ander onverwante voorval het die polisie Vrydagoggend omstreeks 04:30 ’n man in Nelson Mandelarylaan na ’n kort jaagtog in hegtenis geneem.
Volgens Manyoba het beamptes die man in die straat gesien loop met wat gelyk het na goedere wat in ’n handdoek toegedraai is.
Die verdagte het geryloop en die beamptes het hom gevolg. Nadat ’n trok gestop het om die verdagte op te laai, het die beamptes hom probeer voorkeer. Hy het egter weggehardloop, maar is na ’n kort jaagtog gevang. Verskeie elektroniese toestelle en klere is in sy besit gekry. Hy is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vermoedelike gesteelde goedere.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button