NewsNews

Hond amper dood na sy versoeter inkry

’n Gesin se geliefde hond Spokie is amper dood nadat sy Xylitol, ’n soort versoeter, ingekry het.

’n Gesin se geliefde hond Spokie is amper dood nadat sy Xylitol, ’n soort versoeter, ingekry het.
Volgens Elrieka Eksteen het sy Sondagoggend (10 Julie) met ontbyt Xylitol oor hul pap en melk gegooi.
“Na ontbyt het ons vir Spokie die laaste bietjie melk gegee wat in die bakkie oorgebly het.
“Ons was bewus van die dodelike gevaar van Xylitol vir honde, maar dit het my heeltemal ontgaan toe ek vir haar die melk gee,” vertel sy.
Na ongeveer 15 minute het Spokie gaan lê en begin braak.
“Dit het my toe soos ‘n weerligstraal getref dat sy Xylitol ingekry het.”
Sy moes die noodnommer van die veearts skakel omdat hulle nog toe was.
Die veearts, dr. Van der Nest, was binne minute daar om te help,” vertel sy. Spokie is dadelik op ’n drup gesit, bloed is getrek en lewertoetse is gedoen. Eksteen en haar vriendin Maryke Benadè, het byna twee ure by hulle geliefde hondjie gesit voordat hulle haar huis toe kon neem.
“Dr. Van der Nest en sy personeel het kort-kort kom inloer of ons en Spokie nog reg is.”
Xylitol word algemeen gebruik as ’n versoeter, maar kan potensiaal dodelik wees vir honde en voëls. Die simptome as ’n hond dit ingekry het, is braking, lusteloosheid en bewerasies. Volgens Andries Venter, bestuurder van Paws, is daar baie ander alledaagse goed wat gevaarlik kan wees vir diere.
“Enige medikasie, selfs as dit ’n kinderdosis is, kan dalk reeds ’n oordosis vir ’n dier wees,” sê Venter. Volgens hom is sjokolade, kafeïen, druiwe, rosyntjies, makadamianeute en selfs uie nadelig vir honde.
“Spokie is weer haar ou self. Ons het haar Maandag weer by die veearts gehad om haar lewer te laat toets en alles lyk normaal,” sê Eksteen.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button