Twee beseer na ongeluk op N12

Twee mans is vandag (13 Julie) beseer tydens 'n ongeluk op die N12, Klerksdorp rigting.

Twee mans is vandag (13 Julie) beseer tydens ‘n ongeluk op die N12, Klerksdorp rigting.

Die ongeluk het ongeveer 16:30 net na die New Machavie afrit plaasgevind. Die een voertuig het na bewering die ander se onderstel onder hom uitgery.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, maar die polisie was op die toneel om verder  ondersoek in te stel.

IMR ambulansdienste het altwee mans hospitaal toe vervoer. Een is Mediclinic toe geneem en die ander is na Wilmedpark in Klerksdorp geneem. Volgens paramedici het een van die mans veelvuldige beserings opgedoen terwyl die ander gematigde beserings opgedoen het.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version