NewsNews

Leer nou Mandaryns aan die NWU

Die Noordwes-Universiteit se Skool vir Tale het ‘n unieke geleentheid raakgesien, en sal binnekort die Mandarynse taal as kortkursusse en later as modules in graadkursusse aanbied.

Die Noordwes-Universiteit se Skool vir Tale het ‘n unieke geleentheid raakgesien, en sal binnekort die Mandarynse taal as kortkursusse en later as modules in graadkursusse aanbied.

Prof Wannie Carstens, Direkteur van dié Skool, sê die Suid-Afrikaanse regering maak reeds geluide dat Mandaryns binnekort as ‘n vak by skole geïmplementeer sal word. “Ons het in 2014 ‘n universiteit in Taiwan besoek met die oog op ontwikkeling van dié taal in Suid-Afrika. Ons gesprekke het vrugte afgewerp en ons eerste van ‘n klompie kortkursusse is pas aangebied. Die volgende stap sal wees om modules en studiemateriaal vir eerstejaar tot derdejaarsvlak te ontwikkel.”

Om die NWU hiermee te help, is ‘n Taiwannese taalspesialis, Sonia Su-Chuan, na die Potchefstroomkampus gestuur en sal met dié ontwikkeling tot einde Oktober vanjaar help. Carstens sê die Taiwannese regering het fondse beskikbaar gestel vir die tyd wat sy hier sal help.

Eerstejaarstudente kan reeds van 2017 af Besigheids-Mandaryns as deel van hul kursusse neem. Mandaryns is die taal wat deur die meeste mense ter wêreld gepraat word en is een van slegs ses tale wat deur die Verenigde Nasies Organisasie gebruik word.

Related Articles

 
Back to top button