NewsNews

Geen Meningitis sê PUK

'n Damestudent aan die NWU se Potchefstroomkampus is met ‘n virale breinontsteking gediagnoseer. Volgens 'n verklaring op die NWU-Pukke Facebook-bladwat is dit NIE die aansteeklike breinvliesontsteking is nie.

‘n Damestudent aan die NWU se Potchefstroomkampus is met ‘n virale breinontsteking gediagnoseer.

Volgens ‘n verklaring op die NWU-Pukke Facebook-bladwat  is dit NIE die aansteeklike breinvliesontsteking is nie.

“Sy is in ‘n hospitaal in Krugersdorp opgeneem en word vir haar simptome behandel. Daar is dus geen moontlikheid vir aansteeklikheid nie en ons versoek u om enige gerugte oor meningitis op die kampus in die kiem te smoor,” lui die verklaring

Vroeër vanjaar is Nicola Badenhorst aan breinvliesontsteking oorlede asook verlede jaar is  Leana Labuschagne ook aan die siekte oorlede.

Johan van Zyl, skakelbeampte by die Potchefstroom kampus, het by navraag beklemtoon dat dit NIE die aansteeklike breinvliesontsteking is nie.

“Ons het mense in kennis gestel bloot omdat daar gerugte die rondtes gedoen het dat die geval ook meningitis was,” het Van Zyl gesê.

Nog Artikels

Student sterf skielik

Student sterf aan breinvliesontsteking

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button