Oewersig inwoners hou woongebied netjies

As deel van ‘n projek van die Oewersig Inwonersvereniging, het Vorster Naude, Roelof Burger en prof. Anné Verhoef onlangs al die straatlyne in die woongebied, asook een van die spoedbulte in Steve Bikostraat op die Bult, geverf. “Daar is vyf spoedwalle in Oewersig wat ons geverf het. Ons het toe besluit om die groot een …

As deel van ‘n projek van die Oewersig Inwonersvereniging, het Vorster Naude, Roelof Burger en prof. Anné Verhoef onlangs al die straatlyne in die woongebied, asook een van die spoedbulte in Steve Bikostraat op die Bult, geverf.
“Daar is vyf spoedwalle in Oewersig wat ons geverf het. Ons het toe besluit om die groot een in Steve Bikostraat op die Bult ook te verf omdat dit so moeilik is om te sien en daar al soveel voertuie skade opgedoen het,” sê prof. Verhoef.

Hier is hulle besig om die spoedwal op die Bult te verf. Foto’s: Evashni Jansen

Hulle het ook al die gesteelde mangatdeksels in Oewersig vervang en ruim ook gereeld al die rommel langs die rivier op.
Volgens prof. Verhoef is dit hulle nou al so twee jaar aan die gang.
“Dit is die tweede keer dat ons die straatlyne verf in die tyd. Die mense wat verby ons ry bedank ons altyd so mooi en hulle gee selfs vir ons koeldrank en sjokolade. Ons geniet dit dus baie,” sê prof. Verhoef.
Hy sê dat elke inwoner van Oewersig vrywillig ‘n bydrae van R100 per maand gee. Hierdie fondse word dan gebruik om verskillende projekte te finansier soos byvoorbeeld die inligtingsborde (slange, visse, paddas, voëls, soogdiere) langs die Mooirivier in die woongebied.
“Ons beplan om ten minste een maal ‘n jaar die straatlyne in Oewersig te verf. Dit maak die buurt veiliger as die stoplyne meer sigbaar is, en met die meer sigbare spoedwalle verminder mense betyds spoed,” sluit prof. Verhoef af.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version