NewsNews

Woedend oor lipstiffie

“Jy is nie gestremd nie.” Dit is die harde woorde wat iemand met lipstiffie op ’n 65-jarige vrou se motorruit geskryf het omdat sy op ’n parkeerplek vir gestremdes stilgehou het.

“Jy is nie gestremd nie.” Dit is die harde woorde wat iemand met lipstiffie op ’n 65-jarige vrou se motorruit geskryf het omdat sy op ’n parkeerplek vir gestremdes stilgehou het.
Asof dit nie genoeg was nie, het die vrou, Rentia Adlem, boonop nog ’n boete van R600 ook in haar motor se ruit gekry, omdat sy sonder ’n skyfie op dié parkering stilgehou het.
Rentia se dogter, Wilmare, het met geboorte ’n beroerte gehad. Sy is verstandelik- en fisies gestremd. Die hele linkerkant van haar lyf is spasties en sy bring reeds ’n groot deel van haar lewe in ’n rolstoel deur.

Wilmarie Adlem (31) en haar ma Rentia (65) by die motor waarop iemand met lipstiffie geskryf het. Foto: Dustin Wetdewich
Wilmarie Adlem (31) en haar ma Rentia (65) by die motor waarop iemand met lipstiffie geskryf het. Foto: Dustin Wetdewich

“Dit is die hoogtepunt van haar maand wanneer ons inkopies gaan doen,” vertel Rentia.
“Ek hou baie daarvan om saam met my ma te gaan oom,” beaam Wilmare dit. Met die vraag oor hoekom sy dan nie ’n skyfie, wat spesiaal vir gestremdes uitgereik word het nie, begin die prentjie al duideliker word.
“Ek kan nie vir Wilmare by die trappe by die verkeersdepartement opneem nie en ek kan haar ook nie alleen in die motor los nie. Sy kry paniekaanvalle, so wat moet ek nou doen?”
Na vertoë is die boete na R200 verminder, wat sy betaal het. Sy het ook nou met die hulp van haar kinders die nodige vorms ingevul gekry om die skyfie te bekom.
Wat die geskryf met die lipstiffie op die ruit betref, is die hele familie woedend.
“Ek is baie kwaad, maar ek moet myself inhou ter wille van my kind. Sy verstaan nie wat aangaan nie,” sê Rentia.
Volgens haar het Wilmare die aand toe dit gebeur het niks geslaap nie.
“Sy is nou te bang om saam met my te ry en is ook vas oortuig dat sy na die gebeure ’n kriminele rekord het. Sy dink alles is nou haar skuld. Ek het aan haar verduidelik dat dit nie haar of my skuld is nie, maar dat die duiwel hierdie soort mense oor ons pad gestuur het,” vertel Rentia.
Die familie voel dit is belaglik om so op die motor se ruit te skryf sonder om te weet wat die situasie is. Haar dogters Esther en Jolande help Rentia waar hulle kan, maar hulle werksure hou hulle vir groot gedeeltes van die dag besig. “Dit is ’n groot gesukkel oral waar mens gaan. As ek my sussie moet vervoer kan ek nie op ’n gewone parkering stop nie, daar is nie plek tussen die motors om haar in en uit te tel nie. Ek het nie ’n skyfie vir my kar nie want ek vervoer haar nie gereeld nie. Moet ek haar nou op die sypaadjie aflaai en dan ’n parkering gaan soek? Ek het seker al vier sulke boetes gekry,” sê Esther.
Volgens Jolande gaan hulle aandring daarop om die winkelsentrum se beeldmateriaal van die kringtelevisie te sien. Hulle wil weet wie op die motor se ruit geskryf het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button