Vele gerugte oor verlate voertuig onwaar

Vele gerugte het die rondtes gedoen nadat 'n wit Golf vanoggend (29 Junie) omstreeks 08:00 by die sirkel van Thabo Mbekistraat en Tarentaalweg gevind is.

Vele gerugte het die rondtes gedoen nadat ‘n wit Golf vanoggend (29 Junie) omstreeks 08:00 by die sirkel van Thabo Mbekistraat en Tarentaalweg gevind is.

Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel. Gerugte dat daar ‘n lyk in die voertuig was is onwaar. Daar was ook gerugte dat die kar moontlik betrokke was by ‘n skietery, dié gerugte is ook nie waar nie. Daar is bloed op die handvatsel van die kar gevind. Die polisie se honde eenheid het die spoor gevolg tot waar dit gestop het. Sover bekend is die kar nie as gesteel aangemeld nie. Daar is glo ook minimale skade aan die voertuig.

Die polisie is nog besig met die ondersoek.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version