Verdagte dalk met meer misdade verbind

’n Verdagte is vasgetrek wat moontlik met ander misdade verbind kan word.

’n Verdagte is vasgetrek wat moontlik met ander misdade verbind kan word.
Die man is Sondagoggend omstreeks 04:45 in Meyerstraat deur Mooirivier Beskerming in hegtenis geneem. Hy het twee GPS’e in sy besit gehad, asook ’n paar sonbrille.


Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, kan die man moontlik verbind word met twee verskillende voorvalle van diefstal uit voertuie. Saterdagaand omstreeks 19:00 is ’n klag van diefstal uit ’n voertuig in Steve Bikostraat gelê. Die verdagte het die venster van die voertuig gebreek, waarna die GPS gesteel het.
Sondagoggend omstreeks 04:45 is ’n man deur Mooirivier Beskerming vasgetrek nadat hulle informasie gekry het van ‘n verbyganger dat ‘n man by ‘n kar besig is om in te breek. Hulle het hom in Meyerstraat vasgekeer, waarna hy in hegtenis geneem is en aan die polisie oorhandig is.
Volgens Manyoba word daar twee klagtes teen die man ondersoek, een van besit van vermeende gesteelde goedere en ’n klag van diefstal.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version