NewsNews

14-jarige vas oor dagga by skool

’n Graad 8-leerder van ’n skool in Potchefstroom is verlede Donderdagaand met dagga in sy besit betrap.

’n Graad 8-leerder van ’n skool in Potchefstroom is verlede Donderdagaand met dagga in sy besit betrap.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het onderwysers by die skool se koshuis die seun daarmee betrap.
“Hulle het die polisie en die seun se ouers ontbied, waarna die jong seun aangekla is,” het Manyoba gesê. Omdat die seun nog minderjarig is, word hy en die skool se naam nie genoem nie om te verhoed dat hy moontlik geïdentifiseer word. ’n Lid van die beheerliggaam van die skool wat die dissiplinêre aksie hanteer, het aan die Herald gesê dat die skool baie ernstig is oor dwelms.
“Dit is uiteraard ’n ding wat glad nie toelaatbaar is nie,” het hy gesê.
’n Betroubare bron het aan die Herald gesê dwelms kom in alle skole in Potchefstroom voor, maar dit is tog skokkend dat so ‘n jong seun reeds dagga in sy besit het.
Volgens die bron is die meerderheid van die kinders 16 jaar en ouer.
Verlede week is daar ook vyf ander seuns by ’n partytjie betrap waar dwelms beskikbaar was. Dié seuns van ’n ander skool in Potchefstroom het positief getoets vir heroïen. Daar word vermoed dat daggasmouse die dagga in heroïen doop voor dit aan mense verkoop word.
Die rede is dat dagga as ’n minder skadelike dwelm beskou word en mense daarom meer geneig is om dit te koop. Die heroïen veroorsaak dat mense vinniger verslaaf raak aan wat hulle dan dink dagga is.
Volgens Manyoba het die polisie ’n goeie verhouding met die meeste skole in die stad waar hulle gereeld praatjies oor dwelms lewer.
Dwelmmisbruik is ’n kwessie wat almal in die gemeenskap raak en die Herald het die afgelope tyd verskeie SMSe van inwoners van Promosa ontvang wat meen dat daar ’n groot dwelmprobleem is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button