NewsNews

Raadslid blus brand op N12

'n Raadslid het gisteraand(30 Mei) omstreeks 21:30 'n trok wat se brieke vlam gevat uitgehelp.

‘n Raadslid het gisteraand(30 Mei) omstreeks 21:30 ‘n trok wat se brieke vlam gevat uitgehelp.

Raadslid Vincent Clarke, van die Vryheidsfront was by ‘n vulstasie naby die N12 toe hy die trok gewaar. Die brieke het glo warm geword en aan die brand geslaan. Die bestuurder van die trok het na bewering uitgespring om ‘n emmer water te soek.

Gelukkig het Clarke en reaksiebeamptes van Electro Sekuriteit reeds ‘n plan gemaak deur die brandslang, wat by die Spar is, te gebruik om die brnd onder beheer te kry.

Die brandweer is ontbied en het vir Clarke en Electro bygestaan.

IMG-20160531-WA0005

Related Articles

Back to top button