NewsNews

Vermiste vrou in Gauteng gevind

Dustin Wetdewich ’n Jong ma wat op 3 Mei as vermis aangegee is, is Vrydag in Gauteng opgespoor. Dit volg nadat die hele gemeenskap verlede week op versoek van die polisie en die Gemeenskap Polisiëringsforum (GPF) die sosiale en ander media ingespan het om te help soek. Duisende mense het onder meer op die Herald …

Dustin Wetdewich
’n Jong ma wat op 3 Mei as vermis aangegee is, is Vrydag in Gauteng opgespoor.
Dit volg nadat die hele gemeenskap verlede week op versoek van die polisie en die Gemeenskap Polisiëringsforum (GPF) die sosiale en ander media ingespan het om te help soek.
Duisende mense het onder meer op die Herald se webtuiste die berig gelees waarin ‘n foto van haar en ’n beskrywing van haar motor gegee is.
Die GPF het Dinsdag 3 Mei ’n versoek op Facebook geplaas om te help soek na die vrou, Johannè Bester, wat vermis was.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is daar nie ’n klag van ontvoering ondersoek nie, maar is dit slegs as ’n vermiste persoon aangemeld.
Die boodskap oor Bester se verdwyning het baie vinnig versprei.
“Sy is ongedeerd in Gauteng gevind en huis toe geneem. Die spesifieke besonderhede rondom die voorval is van ’n persoonlike aard vir die familie,” het Chaka gesê.
Jeanne Adriaanse, voorsitter van die Potchefstroom GPF, sê “omstandighede en druk is baie erg op kinders (en op ouers) vandag. Kom ons respekteer die familie se privaatheid.”
Sy het die gemeenskap bedank vir hul hulp.

Vorige berigte

Jong vrou vermis

Vermiste vrou gevind 

Related Articles

Back to top button