NewsNews

29-jarige man skuldig aan moord en verkragting van 8-jarige

n 29-jarige man is verlede week in die hooggeregshof skuldig bevind op die moord en verkragting van ’n agtjarige kind, sowel as op verkragting van ’n 11-jarige.

‘n 29-jarige man is verlede week in die hooggeregshof skuldig bevind op die moord en verkragting van ’n agtjarige kind, sowel as op verkragting van ’n 11-jarige.
Piet Mohate (29) is in die hooggeregshof in Potchefstroom skuldig bevind op die verkragting van die 11-jarige in 2011 en het skuldig gepleit op die moord en verkragting van ’n agtjarige in 2015. Hy is ook skuldig bevind op aanklag van ontsnapping nadat hy uit die Potchefstroom Hospitaal ontsnap het.
Mohate het op 15 Februarie 2015 by familielede van sy meisie in Ventersdorp gekuier. Die agtjarige meisie van die familie het gesê dat sy honger is. Mohate het aangebied om haar winkel toe te neem sodat sy vir haar kan kos koop. Naby die winkel het hy haar gegryp en in die veld naby die begraafplaas verkrag. Daarna het hy haar met haar hemp verwurg. Hy het haar in die veld gelos en teruggekeer huis toe. In samewerking met die polisie is sy eers die volgende dag gevind. Sy het nog geleef, maar is later die middag oorlede.
Mohate is op 17 Februarie deur sers. P.W. Geldenhuys van die Ventersdorp speurtak in hegtenis geneem.
Deur Geldenhuys se ondersoek is bevind dat daar in 2011 ’n verkragting met dieselfde modus operandi in Lichtenburg gerapporteer is. Mohate het glo sy slagoffers gebyt terwyl hy hulle verkrag het.
Die sake van die kind in Lichtenburg en dié van Ventersdorp is toe saamgevoeg.
Terwyl hy in aanhouding was het Mohate probeer selfmoord pleeg, waarna hy na die Potchefstroom Hospitaal geneem is vir kliniese sorg. Dit was tydens dié tydperk dat hy ontsnap het. Geldenhuys het hom ongeveer twee maande later in Carletonville in hegtenis geneem.
Mohate het op aanklag van vyf sake verskyn naamlik moord, twee verkragtings, diefstal en ontsnapping.
Hy het skuldig gepleit op moord en op een van die verkragtings en regter Makgoka het hom ook skuldig bevind aan die ander verkragting, asook die ontsnapping. Hy is onskuldig bevind aan diefstal. Die saak is vir vonnis uitgestel tot 20 en 21 Junie.
Advokaat Mavis Maloyi, vir die beskuldigde, het aangedui dat Mohate moontlik tot drie keer lewenslank sonder die opsie vir parool gevonnis kan word.

Related Articles

Back to top button