Een van die kritiese pasiënte was glo ‘n kind van ongeveer 3 jaar oud, wat uit die wrak gekruip het toe paramedici op die toneel gekom het. Nooddienste moes na bewering petrol en olie van die kind se lyf afwas.  ER24 het vyf van die pasiënte vir verdere behandeling na Potchefstroom Hospitaal toe vervoer. Die ander pasiënte is deur ander ambulans dienste vervoer.