NewsNews

Twee kinders dood in ongeluk

Twee jong kinders is Saterdagaand omstreeks 20:00 dood na 'n taxi gerol het. Albei kinders is glo onder die ouderdom van twaalf.

Twee jong kinders is Saterdagaand omstreeks 20:00 dood na ‘n taxi gerol het. Albei kinders is glo onder die ouderdom van twaalf.

Die ongeluk het op die N12   ongeveer 10km van Potchefstroom af in die rigting van Klerksdorp plaasgevind. Die bestuurder van die taxi het glo beheer van die voertuig verlooor waarna dit gerol het.

Volgens ‘n verklaring van ER24, die die paramedici op die toneel gekom waar hulle drie oorledenes gevind het. Behalwe vir die die twee jong kinders is ‘n vrou ook dood op die toneel verklaar. Behalwe vir die oorledenes was daar agt ander pasiënte waarvan ses in ‘n kritieke beserings opgedoen het.

Een van die kritiese pasiënte was glo ‘n kind van ongeveer 3 jaar oud, wat uit die wrak gekruip het toe paramedici op die toneel gekom het. Nooddienste moes na bewering petrol en olie van die kind se lyf afwas.  ER24 het vyf van die pasiënte vir verdere behandeling na Potchefstroom Hospitaal toe vervoer. Die ander pasiënte is deur ander ambulans dienste vervoer.

Dit kom kort na die gru ongeluk op die Randfontein pad waar 14 mense oorlede is, toe ‘n taxi kop-aan-kop met ‘n trok gebots het.

 

Related Articles

Back to top button