NewsNews

Van diens af polisieman kry besittings terug

’n Gesteelde televisiestel is aan die eienaars terugbesorg toe ’n polisieman wat van diens af was, ’n verdagte met die televisiestel sien loop het. Dit was onder ’n laken toegemaak.

’n Gesteelde televisiestel is aan die eienaars terugbesorg toe ’n polisieman wat van diens af was, ’n verdagte met die televisiestel sien loop het. Dit was onder ’n laken toegemaak.
Adj.off. Martin Myburgh het Vrydag ’n rusdag gehad.
“Wanneer ek af dae het, hou ek daarvan om te gaan stap,” het Myburgh gesê.
Terwyl hy in Kampstraat gestap het, het hy ’n verdagte gesien wat swaar gedra het aan iets wat lyk soos ’n sak.
Dit was ook vreemd gevorm.

IMG-20160426-WA0006
Myburgh het die verdagte voorgekeer en vasgestel dat die man ’n TV, wat in ’n laken toegedraai is, gedra het.
Met ondervraging het die man aan Myburgh vertel dat die TV stukkend is en dat hy dit langs die pad opgetel het.
Die TV het vir Myburgh nog goed gelyk en hy het iemand by ’n huis langs die pad ’n verlengingskoord laat aanlê sodat hy die TV kon toets.
Toe dit dadelik aangaan het die verdagte erken dat hy dit in ’n huis by die Wilgeboomhoewes gesteel het.
Die verdagte is dadelik in hegtenis geneem op aanklag van besit van vermoedelike gesteelde goedere.
“Die verdagte het vir ons gaan wys waar hy die TV gesteel het. Toe ons by die huis aankom het die eienaar pas uitgevind dat daar by hom ingebreek is,” het Myburgh gesê.
Kol. Sipho Nkabinde, waarnemende stasiebevelvoerder, het Myburgh bedank vir sy oplettendheid al was hy nie aan diens nie.
Volgens Myburgh is dit altyd ’n goeie idee om rekord te hou van besittings sodat dit geïdentifiseer kan word.
Foto’s kan ook van besittings geneem word, of dit kan gemerk word byvoorbeeld met ’n mes of ultraviolet penne. Bring ’n ID nommer op besittings aan sodat wanneer die polisie dit vind, hulle die eienaar kan opspoor.

Related Articles

Back to top button