NewsNews

Twee ontsnap uit Potch polisieselle

Twee mans het Woensdag, vroeg oggend uit die Potchefstroom polisieselle ontsnap.

Twee mans het Woensdag, vroeg oggend uit die Potchefstroom polisieselle ontsnap.

Volgens ‘n verklaring van kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, was ‘n polisieman besig om die selle te sluit nadat hy ‘n verhoorafwagtende gevangene terug na die selle geneem het. Een va ndie verdagtes het toe die polisieman met ‘n pyp oor die kop geslaan. Die ander verdagtes het die sleutel by die polisieman gevat en die selle oopgesluit.

Een van die verdagtes, Lawrence Mayisela (33), sou oorgeplaas word korrektiewe dienste toe nadat hy tot 18 jaar tronkstraf  vir roof met verswarende omstandighede gevonnis is. Die ander verdagte, Boitumelo Tsagae (22), was in aanhouding vir inbraak en diefstal.

Die ondersoek met betrekking tot hul ontsnapping is aan die gang.

Die provinsiale kommissaris lt.gen. Baile Motswenyane het haar kommer  uitgespreek oor die omstandighede rondom die voorval.
Die gemeenskap word gevra om enige inligting wat kan lei tot die her-arrestasie van die skurke aan konst Skiet Mahlangu te gee. Hy kan  by 079 296 3949 gekontak word.

Related Articles

Back to top button